Weereens baie dankie aan al ons getroue lede asook nuwe lede. Die groei van die Sakekamer se ledetal is vir my n aanduiding dat ons op die regte pad is.
Die Sakekamer is tans in gesprek met n verteenwoordiger van n groot Chinese distrik en poog om so gou as moontlik n tipe van n susters ooreenkoms te bereik met hulle sakekamer .
Indien ons slaag met die ooreenkoms kan dit groot voordele inhou vir ons lede. Hulle stel belang om te investeer in die Weskus in verskeie entiteite asook die moontlikheid van vestiging van nuwe besighede.
Ek wil ook net die volgende onder lede se aandag bring. Lede is self verantwoordelik vir die opdatering van hul maatskappy profiel volgens die POPI ACT.
Moet asb nie vergeet van ons korporatiewe golfdag nie. Daar is nog borgskappe en spelersgeleenthede beskikbaar, maar is beperk .Sien die advertensie op ons webblad.
Groot dankie aan almal wat ons so gereeld ondersteun.
Kind Regards,
ANDRE DE VILLIERS
Voorsitter (Weskus Sakekamer)
Cell : +27 84 610 2022
E-mail: chairperson@weskussakekamer.co.za